Bo-op Tafelberg het ek hierdie kleurvolle prentjie raakgeloop; dit is vir my ‘n verrassende kontras tussen baldadige lewe en koue dood; van wat was en wat is.

Bo-op Tafelberg het ek hierdie kleurvolle prentjie raakgeloop; dit is vir my ‘n verrassende kontras tussen baldadige lewe en koue dood; van wat was en wat is.

Ek was al voorheen op Tafelberg en dan het ek net oor die afgrond na die stad en die strande gekyk. Hierdie keer het ek na dit wat om my voete was gekyk. Pa, die een is vir jou.

Kaappunt. Deur die eeue heen ‘n blye gesig, maar ook menigmaal ‘n groot bedreiging, vir die moeë seevaarder vanuit die ooste. Die bordjies het aangedui dat dit die suidwestelike punt van Afrika is. Die nuwe laer lighuis is sigbaar op die foto. Die oorspronklike lighuis is te hoog en word baie deur mis oor die see verbloem wat tot menige tragedie gelei het.